Friday, 16 November 2012

Tiervis in Pongola 2012

Soos belowe hier is n bietjie meer oor ons onlangse tiervis "trip" na die Jozini dam in Pongola. Nou kom ons begin met die pad, uit vorige ondervinding het ek geleer dat solank daar aan die pad gewerk word tussen Piet Retief en Pongola wil ons beslis nie daai pad ry nie. Ons het dus besluit om vanaf Standerton weg te draai na Volksrust, Vryheid en uiteindelik Pongola, die beste 80km draai wat ek nog ooit gery het. Die pad was baie mooi en daar was een ry stop oor n brug wat opgeknap word verder n "pothole" hier en daar. Op die pad alreeds was dit baie duidelik dat daar baie reen in die omgewing geval het, nie n goeie ding nie!

Daar aangekom gou in ons plekkie in geboek en toe af water toe, n paar dinge het verander vanaf laas jaar. Die kostes om by die reservaat in te gaan is nie meer in die verblyf ingesluit nie en ons moes dus R75 per dag betaal vir ingang. Dit is egter n goeie idee om maar elke dag te betaal dan is jy verseker van n strokie anders weet mens nie waarheen die geld gaan nie. Die grond padjie deur die reservaat voel soos n ewigheid en ek en Andrew wonder of dit die vorige keer ook so lank was.

Nadat ons die eerste flits van water sien tussen die ryg bosse deur, sak my moed sommer in my skoen in, nee ek jok nou my moed sak sommer weer terug huis toe. Ek besef met n skok die water is bruin baie bruin en dit lyk sommer soos n grond dam. Tiervis is mos egter n roof vis en sulke water is glad nie goed vir die tiepe hengel nie.

Ons is nou hier en klaar betaal ons kan maar net sowel probeer ons het tog nie amper 600km verniet gery nie. Hier is n foto van die vuil water ek skryf later weer oor ons vangste.

Groete

Tuesday, 30 October 2012

Tiervis Tyd in Pongola

Dit is nou weer daardie tyd van die jaar vir ons om Pongola se kant toe te gaan opsoek na daai ou groot tande kaste. Ons gaan probeer om die beste te maak van die onlangse slegte weer, as die weer nie wil saam speel nie dan gaan soek ons maar skoon water. Hierdie jaar bestaan die groep uit n volle twee, myself (Dawie) en n goeie hengel pel Andrew.
Ek het die voorreg gehad om die voorige keer wat ek in Pongola was n kneuwel aan die lyn te kry en gaan natuurlik weer probeer vir so n lekker vet tiervis. Ek gaan ook die keer n video kamera saam neem maar ek maak geen beloftes oor "video clips" nie. Julle weet mos hoe gaan dit as die viskoors eers hoog loop.

Hier is ook n paar foto's van my en Andrew n voorige keer by Pongola.

Jammer oor die lang stilte, gaan probeer dat dit nie weer gebeur nie.

Laat weet hoe dit gegaan het sodra ons terug is.
Groete

Thursday, 15 September 2011

Visse vrek in die Vaal dam

Ons het Sondag 11 September 2011 by Oranjeville langs die dam gaan hengel. Met die aankom slag was daar baie dooie visse lans die oewer en later het ek al langs die oewer af gestap en ook n klompie dooie voels in die water gesien.
Dit is baie hartseer dat ons water so besoedel word.
Is daar dalk iemand met meer inligting?

Friday, 2 September 2011

Cilliers

Klub kompetiesie by Cilliers links van die eerste huis in die sloep, ons kom 6uur bymekaar by die water en ons begin 7uur hengel tot 3uur. Hap en kap hengel klub het die kompetiesie gereel.
Almal welkom!
Inskrywing is so tussen R30 en R40.
Stywe lyne

Thursday, 1 September 2011

Hallo alle hengelaars

As n mens darem net elke dag sulke ou grotes kan vang?
Die hengel was maar redelik af die laaste paar naweke en so het die meeste van ons maar moedeloos terug gekeer van die water af.
Die weer speel n groot rol en dit lyk darem of dit gaan beter gaan Saterdag, met n temperature van min 7 en max 18 grade.
Stywe lyne tot later